Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 05 JUNIE 2011

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op ‘Amateur Radio Today’ en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTELS

Dit is met leedwese dat bekend gemaak moet word dat die sleutels van twee radioamateurs onlangs stil geraak het. Hulle is:

Corrie Van Der Westhuizen, ZS4CR, op die 29ste Mei, en:

Wallie Els, ZS6WE, op Maandag 30 Mei na ’n kombinasie van drie siektes in die laaste tyd. Hy is op Donderdag 2 Mei veras.

Aan die familie en vriende van die oorledenes ons innige meegevoel.

(POUSE)

In die nuus vandag:

VIER RSA SE 50STE JAAR

DRINGENDE KENNISGEWING AAN ALLE AMATEUR-GELISENSIEERDES

SUMBANDILASAT SO67 EN JEUGDAG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

VIER RSA SE 50STE JAAR

Die Republiek van Suid-Afrika het op 31 Mei 1961 tot stand gekom en om die 50ste herdenking te vier, sal die Boland Amateurradioklub ’n spesiale geleentheidstasie met die roepsein ZS50RSA bedryf. Dit was reeds op Saterdag 4 Junie op die lug en sal vir die volgende twaalf maande tydens spesiale geleenthede en kompetisies op die lug wes. QSL’s sal via die buro en SA-QSL via die web plaasvind. Alle kaarte wat ontvang word sal ook per kaart bevestig word.

Die Boland Amateurradioklub sal poog om ’n WAZS 500 oor die tydperk met hierdie roepsein te verwerf.

DRINGENDE KENNISGEWING AAN ALLE AMATEUR-GELISENSIEERDES

Verlede naweek het OKOSA 34 000 radiolisensies, wat vir die afgelope 365 dae onopbetaald was, gekanselleer. Dit sluit alle amateurradiolisensies in waarvoor geen betaling vir die tydperk ontvang is nie. Gaan na of u u lisensiegeld betaal het, en, indien u nie ’n geldige, gedrukte, lisensie of ’n offisiële kwitansie het nie, skakel OKOSA by 011 566 3313 of 011 566 3319 tussen 08:30 en 16:00 Maandag - Vrydag. Indien u amateurlisensie gekanselleer is, sal OKOSA dit herstel indien u bewys van betaling kan verskaf. Indien u nognie betaal het nie, betaal nou met gebruik van die inligting en rekeningnommer van u laaste lisensie.

OKOSA se finansiële afdeling het nie met die lisensie-afdeling oorleg gepleeg nie en het summier alle lisensies gekanselleer wat nie vir 365 dae opbetaald was nie. Daar moet ook van kennis geneem word dat OKOSA herinneringskennisgewings as ’n welwillendheidsgebaar uitstuur maar die verantwoordelikheid bly by die gelisensieerde om te verseker dat die lisensie ten alle tye opbetaald bly.

Die huidige lisensiegeld is steeds R27 en die nuwe lisensieperiode is van 1 April tot 31 Maart. Indien u nie R6,75 vir die drie maande Januarie tot Maart betaal het nie, tel dit by die R27, m.a.w. betaal R33,75.

SUMBANDILASAT SO67 EN JEUGDAG

As deel van die SARL se jeugdagaktiwiteit op 16 Junie, sluit SA AMSAT by die aktiwiteit aan met ’n spesiale satellietaktiwiteit en kompetisie. Die oorspronklike bakenboodskap sal gedurende twee oggendverbyvlugte uitgesaai word. Elke verbyvlug sal ongeveer 10 minute duur en begin om 07:56 en 09:33 SAT respektiewelik. Die eerste verbyvlug gaan heelwat hoër bokant die horison en ontvangs behoort met ’n eenvoudige antenna en ’n handstelletjie moontlik te wees. Die ontvangsfrekwensie is 435,345 MHz, maar soek na bo en onder om vir Doppler toe te laat. Om vir die kompetisie in te skryf, moet deelnemers jonger as 18 jaar wees en hulle moet die roepsein wat in die boodskap uitgesaai word herken. Daar is verskillende pryse om te wen. Daar is ’n tweede kompetisie wat vir alle ouderdomsgroepe oop is: Kopieer die volledige bakenboodskap of as ’n mp3-opname of volledig neergeskryf. Stuur inskrywings aan saamsat@intekom.co.za.

JAPAN SKRAAP ALLE TOETS IN MORSE

Die land wat die rewolusie van geen-kode-lisensiëring so ses dekades gelede begin het, het finaal afgesien van die nodigheid van toetse in Morsekode vir amateurradiolisensies. Die Japanese Ministerie van Interne Aangeleenthede het besluit om weg te doen met Morsetoetsing vir die Klas 1 en 2 amateurradiolisensies vanaf 1 Oktober vanjaar.

Wat ’n Japanese weergawe is van ’n kennisgewing van voorgestelde reëlmaking oor die Morsetoets is vroeër vanjaar gehou. Daar was 39 persone wat gereageer het. Volgende op ’n bespreking van die inligting wat uit die reaksies verkry is, het die Ministerie aangekondig dat toetse in Morsetelegrafie beëindig gaan word.

Japan was die pionier van die Hoë Frekwensie Geenkode Amateurradio- of Klas 4 lisensie in die 1950’s maar hulle het nog die Morsevereiste vir die hoër klas lisensies behou.

LUISTER WIE SÊ NOU DAT SELFONE KANKER KAN VEROORSAAK

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie kan uitstraling van selfone moontlik kanker veroorsaak. Dit, aangesien die agentskap mobiele fone as ’n karsinogeniese risiko lys.

Volgens gepubliseerde nuusverslae het ’n span van 31 wetenskaplikes van 14 lande hierdie besluit geneem na hersiening van vorige hersiene studies aangaande sellulêre telefoonveiligheid. Die wetenskaplikes het gesê dat hulle genoeg getuienis gevind het om persoonlike blootstelling as moontlik karsinogenies vir mense te kategoriseer.

Wat dit beteken is dat hulle ’n mate van bewys gevind het in die toename van twee tipes breinkanker by gebruikers van mobiele fone, maar dit was nie moontlik om aangaande ander tipes kanker gevolgtrekkings te maak nie.

Die radioindustrie het gereageer met die aankondiging waarin hulle sê: ‘dit beteken nie dat selfone kanker veroorsaak nie’. Die Sellulêre Telekommunikasie-Industrievereniging het bygevoeg dat die navorsers van die Wêreldgesondheidsorganisasie nie enige nuwe navorsing onderneem het nie, maar dat hulle net alreeds gepubliseerde studies hersien het.

Voor hulle aankondiging op Dinsdag 31 Mei het die Wêreldgesondheidsorganisasie gebruikers verseker dat geen nadelige gesondheidsgevolge van sellulêre telefone vasgestel is nie.

Die verslag het geen verskil tussen selfone wat in die 90 MHz-band werk en die in die hoër frekwensies aangedui nie. Dus, jou handstel in die 70 cm-band is heel waarskynlik baie veilig!

HF-BAKEN SE ROEPSEIN VERANDER

Die HF-baken, ZS4BOT, wat onlangs begin het om op 7,027 MHz uit te saai, se roepsein het verander na ZS0BOT. OKOSA het vir ZS4JAN gekontak en verduidelik dat die oorspronklike roepsein verkeerdelik toegeken is. OKOSA het verduidelik dat alle bakens se roepseine sal verander om met ZS0-voorvorgsels te begin.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteit op lae vlakke sal wees tot die 9de Junie. Daarna sal die sonaktiwiteit afneem tot baie lae vlakke tot ongeveer die 14de Junie. Gedurende die week het Sonvlek 1 226 verskeie C-klas fakkels veroorsaak terwyl dit sy vorm en grootte verander het. Nog 'n nuwe sonvlek is besig om aan die Westekant van sonvlek 1 231 te vorm. Vir diegene wat hulle eie frekwensies voorspel, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week sowat 55.

15 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 20 en 30 m en natuurlik die bande tussenin.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
16 Junie – Uitsending van Jeug in Amateurradio om 09:30, maar ontvangs van bakensein op 435,345 MHz reeds om 07:56 en 09:33.
16 Junie – Jeugdagnaelloop vanaf 10:00 tot 12:00 SAT.
18 Junie - Kursus in programmering in Windows in Gauteng. Bespreek by www.sarl.org.za.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 750 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op ‘LISTEN ON THE WEB’. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 18:30 SAT op 3 230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur George, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het. 73.
/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.
members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003